Posted on

2019 Production Sales

The 2019 production sale’s season exceeded all expectations. Compared to record sales in 2018, 2511 rams (121 rams less than in 2018) were sold at an average price of R11 509. Unfortunately, the sale of fewer rams at a slightly higher price (+ R93 per ram) reflects a decline in turnover of approximately R1.1 mill (3.7 per cent). This decline can largely be attributed to negative market sentiment during the latter part of the spring sales’ season in particular. Despite this, Dohne Merino breeders are convinced that they can cope with the slight decline and further expand the breed’s market share through effective marketing. The current agricultural conditions have resulted in a great demand for hardy Dohne Merino ewes that can withstand the drought and also offer the benefits of perfect balance between meat and wool income. These breeders should take the opportunity to market larger numbers of rams in order to keep the cost of rams for the commercial producer as affordable as possible. In this way, the relevance of the Dohne Merino stud industry can only be strengthened.

Congratulations to Dohne Merino breeders who performed excellently during a difficult 2019 production auction season. Highlights include the following:

  1. Following the 2018 season, four studs again held two production sales and a further two studs sold rams at both a promotion and a production sale. Congratulations to the breeders who invest in numbers of rams and total turnover rather than high average prices.
  2. Congratulations to Suidplaas Dohnes, who offered and sold all rams – 120 – on a single production sale. Suidplaas Dohnes also sold the largest number of rams during 2019, viz. 210 rams. To emphasize this performance, Suidplaas Dohnes also recorded the highest total turnover in terms of number of rams sold.
  3. Congratulations to Mr Cecil van der Merwe and Sons, Barkly East, who recorded a record sale average of R17 606 for 80 rams sold.
  4. Kromspruit Dohnes’ Freddy and Mark Schmidt deserve mention for selling 51 rams during the spring sales’ season for an average price of R17 470. This is after the stud had already sold 48 rams for an average of R11 765.
  5. Blydskap Trust attained the highest price of R80 000 for a ram sold at a production sale. Congratulations on this achievement!

In actual fact, all breeders who sold rams at auctions are winners. Congratulations and continue to market your sheep with great zeal. You have the best product in the market!

A big thank you goes to the broker firms and marketers who worked very hard with our breeders to offer excellent quality animals at the production sales. We also thank the many other institutions, sponsors and persons who are too many to name but who have ensured excellent Dohne sales. We trust that our long-term cooperation will be mutually beneficial.


Die 2019 produksie veiling seisoen het alle verwagtings oorskrei. In vergelyking met rekord verkope in 2018 is 2511 ramme (121 ramme minder as in 2018) verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R11 509. Die verkoop van minder ramme teen ‘n effe hoër prys (+R93 per ram) weerspieël ongelukkig ‘n daling in omset van ongeveer R1.1 milj (3.7 persent). Hierdie daling kan grootliks toegeskryf word aan negatiewe mark sentiment gedurende veral die laaste helfte van die lente verkoop seisoen. Ten spyte hiervan, is Dohne Merino telers oortuig daarvan dat hulle die effense daling die hoof kan bied en die ras se mark aandeel verder kan uitbrei deur doeltreffende bemarking. Die huidige landboutoestande veroorsaak ‘n groot vraag na geharde Dohne Merino ooie wat die droogte kan weerstaan en boonop die voordele bied van perfekte balans tussen vleis en wolinkomste. Dohne telers behoort die geleentheid te benut om groter getalle ramme te bemark ten einde die ramkoste vir die kommersiële produsent so bekostigbaar moontlik te hou. Sodoende kan die relevansie van die Dohne Merino stoetbedryf net versterk word.

Baie geluk aan Dohne Merino telers wat uitstekend presteer het gedurende ‘n moeilike 2019 produksie veiling seisoen. Hoogtepunte sluit ondermeer die volgende in:

1. In opvolging van die 2018 seisoen, het vier stoeterye weer twee produksie veilings gehou en ‘n verdere twee stoeterye het ramme op beide ‘n promosie en ‘n produksie veiling verkoop. Baie geluk aan die telers wat in getalle ramme en totale omset eerder as in hoë gemiddelde pryse belê.

2. Geluk aan Suidplaas Dohnes wat die meeste ramme – 120 – op ‘n enkele produksie veiling aangebied en boonop almal verkoop het. Suidplaas Dohnes het ook die grootste getal ramme gedurende 2019, nl. 210 verkoop. Om hierdie prestasie te benadruk, het Suidplaas Dohnes ook die hoogste totale omset, wat ramverkope betref, aangeteken.

3. Baie geluk aan Mnr Cecil van der Merwe en Seuns, Barkly Oos, wat ‘n rekord veilingsgemiddelde aangeteken het van R17 606 vir 80 ramme verkoop.

4. Kromspruit Dohnes se Freddy en Mark Schmidt verdien vermelding wat gedurende die lente verkoopseisoen 51 ramme vir ‘n gemiddelde prys van R17 470 verkoop het. Dit is nadat die stoet reeds 48 ramme vir gemiddeld R11 765 verkoop het.

5. Blydskap Trust het die hoogste prys van R80 000 behaal vir ‘n ram verkoop op ‘n produksie veiling. Baie geluk met hierdie prestasie!

Eintlik is alle telers wat ramme op veilings verkoop het, wenners. Baie geluk en bemark julle skape met groot ywer. Julle het die beste produk in die mark!

Groot dank aan die makelaars firmas en bemarkers wat saam met ons telers baie hard gewerk het om uitstekende kwaliteit diere op die produksie veilings aan te bied. Ons dank ook aan die magdom ander instansies, borge en persone wat moeilik uitgesonder kan word, maar wat gesorg het vir uitstekende Dohne veilings. Ons vertrou dat ons samewerkingsverhoudings tot lang termyn wedersydse voordeel sal wees.