During the 2019 National Sale, 52 rams were sold for a turnover of R2,125 million. The average price of R40 865 was achieved for an exceptionally good offer representing the cream of the breed. The format of the auction was also changed to a day-sale to facilitate logistics and it was successful in reaching more commercial producers.
Each of the sixteen breeders who participated in the auction should be congratulated on their contribution to the development of the breed. The main purpose of the national sale is marketing not only the breed, but also every stud in the industry. All breeders are therefore requested to support the event and to market each stud’s uniqueness and plus points. It is a further aim to bring as many commercial wool sheep breeders together at the auction as possible, in order to naturally procure top rams at affordable prices, but also to simply delight themselves in good farming. Congratulations to Mr Wynand du Toit (2018 National Top Breeder) and Mr Boeta Wessels who each sold a ram at the highest price of R180 000.
Mr Boeta Wessels (Weska Dohnes) further distinguished himself by selling five rams at the average price of R106 400! This exceptional achievement is in line with the Dohne Merino philosophy that animal breeding is based on numbers and not on single animals.
Congratulations to the breeders who participated in the sale for the first time. We trust that you will persevere and that more breeders will follow your example. The presence of more breeders is imperative to create the largest possible gene pool. We also trust that breeders will not be blinded by the appearance of fed rams, but that true genetic merit will also be considered when exchanging stud sires at our “flagship” auction. In this way we can stimulate wider participation and provide a better “service” to the industry.
Tydens die 2019 Nasionale veiling is 52 ramme teen ‘n omset van R2,125 miljoen van die hand gesit. Die gemiddelde prys van R40 865 is behaal vir ‘n uitsonderlike goeie aanbod wat die room van die ras verteenwoordig. Die formaat van die veiling is ook na ‘n dag veiling verander om logistiek te vergemaklik en dit was suksesvol om meer kommersiële telers te bereik.
Elkeen van die sestien telers wat aan die veiling deelgeneem het, moet geluk gewens word met hul bydrae tot die uitbou van die ras. Die hoofdoel met die nasionale veiling, is bemarking van nie net die ras nie, maar ook van elke stoet in die bedryf. Alle telers word derhalwe versoek om die geleentheid te ondersteun en elke stoet se uniekheid en pluspunte te bemark. Dit is ‘n verdere doel om soveel as moontlik kommersiële wolskaaptelers by die veiling saam te trek om natuurlik top ramme teen bekostigbare pryse aan te skaf, maar ook om hulle bloot te verlustig in ‘n lekker boerskaap.
Baie geluk aan Mnr Wynand du Toit (2018 Nasionale Bo-Baas Teler) en Mnr Boeta Wessels wat elk ‘n ram verkoop het teen die hoogste prys van R180 000.
Mnr Boeta Wessels (Weska Dohnes) het homself verder onderskei deur vyf ramme te verkoop teen die gemiddelde prys van R106 400! Hierdie uitsonderlike prestasie is in lyn met die Dohne Merino filosofie dat diereteelt op getalle en nie
enkele diere geskoei word nie.
Baie geluk aan veral die telers wat vir die eerste keer aan die veiling deelgeneem het. Ons vertrou dat julle sal volhard en meer telers julle voorbeeld sal volg. Die teenwoordigheid van meer telers, is gebiedend noodsaklik om die grootste moontlike genepoel daar te stel. Ons vertrou ook dat telers hulle nie sal blindstaar teen die voorkoms van gevoerde ramme nie, maar dat werklike genetiese meriete ook oorweeg sal word wanneer stoetvaars op ons “vlagskip” veiling uitgeruil word. Sodoende kan ons wyer deelname stimuleer en ‘n beter “diens” aan die bedryf lewer.