OVK se veselafdeling is die tweede grootste wolmakelaar in Suid-Afrika en die grootste hanteerder van sybokhaar in die wêreld. Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur ‘n landswye professionele span tegniese velddienste wat ’n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering van wolskape en angorabokke, asook die kommersiële prestasie van wol, sybokhaar en vleisproduksie.
OVK koördineer ook skeerdienste, deur gehalte skeerders (hand- of masjienspanne) vir skape en sybokke beskikbaar te stel en het tussen 800 – 1000 skeerders wat rondom 3,4 miljoen KVE (kleinvee eenhede) per jaar skeer.
OVK Lewende Hawe se tegniese en bemarkingsbeamptes is uitstekend geplaas om landwyd ‘n omvattende diens te verskaf en is bekend vir hul professionele aanbieding van veilings vir stoetvee, landboumasjienerie en staakboerdery veilings, asook produksie-, slagvee-, wild- en internetveilings. Abattoirs en voerkrale word ook deurlopend van vee voorsien en volledige deskundige advies word gebied.
Vesel & Lewende Hawe (Noord):
Ladybrand
079 521 6060
083 452 9557
Vesel & Lewende Hawe (Suid):
Port Elizabeth
082 921 2563
066 222 8002
Vesel & Lewende Hawe:
Ladybrand
051 923 4732
Port Elizabeth
041 406 7500
Hoofkantoor
Ladybrand
051 923 4500
051 923 4548
klantediens@ovk.co.za
www.ovk.co.za