Posted on

Vleissentraal – The Best Bid

Vleissentraal is reeds meer as 80 jaar sinoniem met veebemarking in Suid-Afrika. Die maatskappy spog met ‘n lang geskiedenis wat getuig van ‘n aktiewe rolspeler in die georganiseerde landbousektor.

Vleissentraal het ten doel om die maksimum waarde van lewendehawe, wild en eiendom vir beide die koper en verkoper te onderhandel met billike terme en voorwaardes. Die gebruik van tegnologie verseker ‘n vinnige en akkurate diens.

‘n Gemiddeld van 1600 veilings word jaarliks deur Vleissentraal gehou, wat die maatskappy as professionele bemarker en kenner op die gebied van veilings onderskei. Bekwame & kundige Afslaers en Bemarkers, verseker dat beste pryse  op grond van vraag & aanbod behaal word.  Betaling geskied op ooreengekome voorwaardes en gunstige betalingstermes word aan goedgekeurde kopers gebied.

Of u dus die koper of verkoper is, die voordele van ‘n veiling wat deur Vleissentraal uitgevoer word, is vanselfsprekend:

  • Markverwante pryse en mededinging
  • Professionele diens
  • Reputasie van die maatskappy sorg vir kliênte met goeie gehalte lewendehawe, wild en eiendom

HOEKOM VLEISSENTRAAL?
  • Vleissentraal het ten doel om die maksimum waarde van lewendehawe, wild en eiendom vir beide die koper en verkoper te onderhandel, met redelike terme, voorwaardes en die doeltreffende gebruik van tegnologie vir vinnige en akkurate diens.
  • Vleissentraal as nasionale bemarker lewer professionele en flinke diens met meer as 1600 veilings landswyd per jaar.
  • Bekwame en kundige bemarkers verseker dat beste pryse behaal word.
  • Betaling geskied op ooreengekome voorwaardes.
  • Bied terme aan goedgekeurde kopers.

VLEISSENTRAAL SE BEMARKERS

Bemarkers verskaf betroubare toegang tot vee deur voortdurende skakeling tussen koper en verkoper. Vleissentraal se bemarkers doen moeite om suksesvolle veilings aan te bied. Veilingstelsels bly ‘n betroubare prysmeganisme.

Vleissentraal bemarkers is:

  • Vriendelik
  • Verantwoordelik
  • Eerlik
  • Altyd tot u diens
  • Kundig

Bemarkers het uitgebreide kundigheid rakende die volgende aspekte:

  • Kennis van vee
  • Lewendehawe klasssifikasie
  • Lewendehawe gesondheid
  • Hantering van diere tydens veilings
  • Kennis van markpryse en tendense
  • Kennis van standaarde en wette rakende hantering en vervoer van vee
  • Kennis om veilings aan te bied
  • Verkoops- en onderhandelingsvaardighede
  • Goeie kommunikasievermoë
  • Beplanning en organisasievermoë
  • Rekordhouding tydens veilings
  • Vertroud met rolspelers in die mark

VLEISSENTRAAL SE AFSLAERS

Vleissentraal beskik oor ervare, oplettende en geregistreerde afslaers met goeie waarnemings-vermoë. Hul is goed opgelei om stoetvee-, wild-, kalender-, losgoed asook eiendomsveilings te hanteer.

AFSLAERS het uitgebreide kundigheid rakende die volgende aspekte:

  • Veilingskennis
  • Kennis en inligting oor vee en ander produkte
  • Kennis van markpryse en tendense
  • Kennis van wette van toepassing op afslaers
  • Verkoopskennis
  • Suksesvolle onderhandelingsmetodes
  • Besluitnemingsvermoë